Showing posts with label lekker speel. Show all posts
Showing posts with label lekker speel. Show all posts

Friday, 27 November 2009

Speel-speel uitspeel

Koninkje is lief daarvoor om uit te speel wat hy ook al sien. Dit het baie vroeg begin, en hou steeds aan. Ek hoor hom nou in die sitkamer speel. Die groot kenmerk van die spel is dat hy in 'n hoë stemmetjie praat.

Hier speel hy Cars-Cars. Lightning McQueen moet die pad wat hy gebreek het weer reg maak. Maar dit vat te lank om dit te teer. Hy gebruik dus al sy perdekrag om die pad vinnig klaar te maak. Ongelukkig is die pad vol hobbels.
Tannie Liezl het vir sy verjaarsdag 'n stelletjie werksvoertuie gegee, padrollers, stootskrapers ens. Een daarvan word Bessie was McQueen moet trek.











Al die 'inwoners' van Radiator Springs is baie ongelukkig daaroor.

















En later vergader hulle by Flo se garage.














En nadat die Bloubulle!!! gewen!!! het en ek vir die eerste keer in jare die wedstryd gekyk het
het Koninkje sommer rugby-rugby ook gespeel. Kyk die 'blou bulle' en 'cheetas'. Ons is nie groot sportkykers nie, dus weet hy nie daar is eintlik net twee pale nie. Maar hy het die vorms reg. En dit na net 'n kort rukkie se wedstryd kyk.





My uno jenga is daarmee heen, maar vandat dit ontdek is het dit al 'n baie goeie doel gedien. Paaie, mense, tolhekke, vliegtuie, karretjies, rugbypale, huise, ens.... So, eendag sal ek maar weer 'n stel gaan koop. O, ek het van die verkeerslig vergeet. Uit sy eie het Koninkje groen, geel en rooi blokkies bo-op mekaar gestapel en vertel dis die verkeerslig van Radiator Springs. (te sien net agter die pers pale. Hier dien dit egter die doel van die groot ligte.)

Wow, ek besef my kind het heelwat gesien wat ek nie eens aan hom uitgewys het nie. Die wonders van 'n kind se waarnemingsvermoë. Dit is iets wat ek die meeste geniet van homeschool. Dat mens soveel meer die wêreld deur jou kinders se oë kan sien en ontdek.

Tuesday, 01 September 2009

Ondersteuningsgroepe

Laasweek Woensdag was ons by 'n ondersteuningsgroep. Dit is naby Hartebeespoortdam op 'n plot gehou. Ver ry. Ons het baie lekker gekuier. Gesels oor baie dinge - wyd. Wat lekker is van die groep is dat ons dieselfde dink oor sekere aspekte van kinders groot maak, soos attachment parenting, borsvoeding, child-led weaning, unschooling, ens. Dit maak dit maklik.


Koninkje het dit ook baie geniet om met die maats te speel. Die kinders is almal Engels maar omdat Simeon vir 1.5 jaar lank in 'n kleuterskool was, kan hy redelik goed Engels praat en verstaan. Hufet het maar so om my voete gespeel. Maar die ander klein kindertjies moet oppas, hy is mal oor half geëete piesangs en yoghurt. Ek moet heeltyd wakker kyk.


Maar...

Ek sit nou al 'n week en broei oor 'n ding wat ek moet skryf. Hoe om dit te skryf... want dis nogal sensitief. So ek sal maar eers daaroor dink. Elke keer wat ek wil skryf wil dit net nie werk nie.


Van die ouers se sienings is nie dieselfde as myne (ons gesin s'n) nie. Dit het eintlik eers aan die lig gekom met laasweek se byeenkoms. Daar het van die ma's begin gesels oor buddisme en die een wil 'n buddistiese kamp gaan besoek vir twee weke.

Wat dit moeilik eers vir my gemaak het, is dat ons so lekker kan gesels en dinge deel. As dit net van my af gehang het sou dit nie baie saak gemaak het nie. Ek kan my lig laat skyn tussen die mense en ons kan oor ander dinge praat.

Maar ek moet dink aan my kinders. My ouers het uit hul vaderland getrek omdat die familie omstandighede nie positief was vir die grootmaak van christenkinders nie. Hulle wou ons nie blootstel aan die negatiewe van ateïsme nie. My kinders is nog klein en baie beïnvloedbaar op 5 en 1 jaar. Hulle het ook albei duidelike "callings" op hulle lewe. 'n Taak waarvoor hulle gebore is, geroep word. Ek moet hulle in die eise van hulle weg groot maak (Spreuke).

Hoe meer ek hier skryf hoe duideliker word dit tog vir my. Ons het 'n taak wat ons moet doen.

God se opdrag aan my word duideliker. Ek voel nou dat God sê ek moet rustig wees, Hy sal vir my na 'n groep lei. So dit is wat ek daaroor doen.

Dankie, die skryf hiervan het helderheid gebring. Dit is wat ek vir myself wil bereik met die blog. As ek later ander kan help, is dit goed.